Mooimed Privaat Hospitaal Potchefstroom
Missie:
• Om die regte pasiënte diens te verskaf vir mediese doeleindes, sonder dat dit die pasiënte finansieel sal benadeel (Mooimed, s.a.).
• Die behoeftes en begeertes van die pasiënte of die publiek te bevredig (Mooimed, s.a.).
• Die organisasie se doeleindes aan die publiek asook pasiënte te deel (Mooimed, s.a.).
Logo:
(Mooimed, s.a.).
Adres:
1 Chief Albert Luthuli Drive
Potchefstroom
2531
Kontak besonderhede:
018 293 0802
Epos:
[email protected]
Fax:
018 297 0726
Teikenmark:
• Ouer gemeenskap
• Mediese persone bv. dokters, onkoloë
• Persone wat mediese hulp benodig (Mooimed, s.a.).
Gemeenskappe betrokke:
• Abraham Kriel Kinderhuis
• CANSA (Cancer Association of South Africa)
• Groenwilgers aftree oord (Mooimed, s.a.).
Stap 2:
Scenario:
MooiMed Privaat Hospitaal Potchefstroom.
Die bestuurder van Mooimed, Mevrou SC van Reenen beoog om Mooimed as organisasie te bevorder deur ? nuwe soort tegnologie in werking te stel. Hierdie nuwe tegnologie word gedefinieer as ? apparaat wat kanker in die liggaam kan opspoor wanneer dit op ander maniere soms moeilik of selfs ontmoontlik is. Die apparaat word vanaf Amerika ingevoer en dus is dit nog onbekend in Suid-Afrika, maar deur die gebruik van konferensies en media bekendstellings gaan die organisasie hierdie nuwe tegnologiese apparaat aan die publiek bekend maak asook voorstel as die nuutste metode op die mark.
Die organisasie Mooimed is ? private hospitaal wat mediese dokters kan behuis om mediese aktiwiteite te verrig, deur die apparaat te verkry kan dit die hospitaal se beeld bevorder en die naam van die organisasie bevorder om deel te wees van nuuswaardige verkryging van nuwe tegnologie. Regoor die wêreld sal daar van die hospitaal se bronne gebruik gemaak wil word om die tegnologie te verkry om individue se lewens te vergemaklik. Voor die tegnologie verkry was deur Mooimed het die organisasie wel navorsing verrig oor die apparaat om te verseker die finansies word verbruik vir ? apparaat wat wel ? persoon se lewe gaan vergemaklik wat die gemeenskap positief sal raak. Die navorsing gaan gebruik word en resultate gaan gebruik word tenoor hoe die publiek daaroor sal reageer en of die publiek sal betaal vir die apparaat of hul mediese vereistes sal verbeter. Die organisasie moet verseker wees dat die apparaat wel sal werk in die mediese veld en die dokters se werk sal vergemaklik en enige probleme sal verbeter en sal oplos. Deur die konferensie sal die inligting rakende die apparaat aan die gemeenskap bekend gemaak word om hul reaksie daaroor te verkry en hul opinies.
Stap 3:
Boodskap via massa media
In die konferensie wil daar aan die gemeenskap en ander partye bekend gemaak word van die tegnologie wat ontwikkel was om kanker te vind. Inligting gaan gegee word in die vorm van ? pamflet oor die tegnologie. Die tegnologie kan kanker vind buite die vel van ? individu. Die boodskap wat daar versprei word, is die dat daar ? nuwe apparaat gevind is om kanker vinniger en makliker asook meer bekostigbaar is om te verkry. Met die apparaat hoef die mense nie dae en geld te spandeer om uit te vind of die individu wel die siekte beskik nie. Te veel individue se lewe word geraak deur dat daar nie vinnig genoeg uitgevind kan word of hulle die siekte het nie of die dat hulle nie die nodige finansies het vir toetse nie.
Stap 4:
Publieke wat boodskap ontvang:
Media soos die Herald, Beeld, South African Medical Journal(SAMJ), Media24 en Rapport moet die inligting aan die publiek weergee asook ? kort verduideliking oor hoekom die apparaat gebruik word, wat sy doel is en wanneer hy in werking gestel word. Die publiek moet ten alle tye bewus wees van wat in hulle omgewing aangaan, veral wanneer ? geskiedkundige mediese gebeurtenis in Suid-Afrika plaasvind wat die wêreld gaan verander. Kankerpasiënte, mediese personeellede, en alle belanghebbendes moet die boodskap ontvang al is dit deur sosiale media.
Alle personeellede asook mense wat betrokke is by enige mediese velde moet van hierdie apparaat in kennis gestel word. Die boodskap en inligting moet veral gemik wees op Onkoloë en individue wat ? stryd teen kanker voer, asook hulle familielede en mense wat hulle bystaan. Wetenskaplikes moet ook op ? daaglikse basis inligting ontvang oor verdere ontwikkeling en die apparaat se vordering wanneer hy eers in werking gestel word.
Stap 5:
Massa media soos die Herald, Beeld, South African Medical Journal (SAMJ), Media24 en Rapport asook uitsaaimedia soos televisie en die radio kan gebruik word om die boodskap aan die publiek oor te dra en inligting aan hulle te verskaf. In hierdie scenario is uitsaaimedia ? top prioriteit in hierdie en gaan daar regstreeks oor die televisie asook die radio op sekere kanale en stasies uitgesaai word. Advertensies en ? kort nuusbulletin oor hierdie konferensie gaan oralster geadverteer word sodat mense weet op watter kanale om in te skakel en waaroor hierdie nuus en konferensie gaan sodat hulle nuuskierigheid geprikkel word en inligting via hierdie media kan ontvang en op datum van sake bly.
Televisiekanale soos KykNet, SABC 2, Discovery Channel en ander mediese kanale en programme waarby individue daagliks op ingeskakel is kan as een van die mediavorms dien waar belanghebbendes alle inligting ontvang. Radiostasies soos Radiokansel, RSG, 94.7 is ook gewilde stasies waarop baie mense se aandag gestrek kan word en hulle inligting daaromtrent kan ontvang. Aangesien hierdie konferensie ? geskiedkundige gebeurtenis is kan daar op alle stasies waarby daar toestemming gevra is ook uitgesaai word. In hierdie scenario kan beide radio en televisie as uitsaaimedia gebruik word, omdat dit een van die twee mees gewildste media is onder alle mense. Dit word ook gebruik vir alle tipe inligting bronne en van oud tot jonk het toegang tot hierdie tipe media.
Stap 6:
The Roots Lifestyle Center is klaar toegerus met die nodige en nuutste klank toerusting, multimedia fasiliteite en tegnikusse vir die konferensie. Deur hierdie konferensie by te woon ontvang elke individu ? mediapakkie waarin alle nodige inligting in is wat die hele konferensie behels en wat daar alles bespreek gaan word. Hierdie mediapakkie sluit is die hospitaal, die hoof van onkologie asook die bestuurder se besigheidskaartjie, ? duidelike navorsingspamflet oor hoe die apparaat werk, wat sy doel en wanneer dit werking gestel gaan word. Dit sluit ook ? Fact Sheet en News Release in asook ? koerantberig waarin daar aan die publiek verduidelik waarvoor die toestel gebruik gaan word en wat die doel daarvan eintlik is.
Stap 7:
Nuus konferensie:
Wat:
? Nuwe tegnologiese deurbraak wat voorgestel gaan word in Suid-Afrika deur Mooimed Privaat Hospitaal wat gesien word as ? groot nuuswaardige geleentheid asook ? geskiedkundige gebeurtenis vir Suid-Afrikaanse medici, vir die publiek asook die wêreld.
Waar:
Die konferensie sal plaasvind by The Roots Lifestyle Centre, Potchefstroom, omrede dit naby die omliggende gebiede geleë is, daar is ? redelike groot ruimte beskikbaar asook in ? bekende ligging waar die publiek en belanghebbendes betrokke en deel kan wees van hierdie nuuswaardige blootstelling. Die venue is ook toegerus met klanktoestelle en maak ruimte vir groot hoeveelhede mense en kan ook dien as akkommodasie vir mense wat nie wil terugkeer na hul bestemmings nie en eers ? aand wil oornag of deeglik van die venue se fasiliteite gebruik wil maak.
Wanneer:
Mooimed se konferensie sal op die 30 Augustus 2018, 11:00 vm. plaasvind.
Wie:
Dr. H Lemmer die Hoof van onkologie by Mooimed dien as spreker sowel as Mevrou SC van Reenen die Bestuurder van Mooimed. Alhoewel daar heelwat personeel ingelig is oor die toedrag van sake word dr. Lemmer en mevrou Van Reenen gesien as die twee personeellede wat die meeste ingelig is en weet wat aangaan en kan spontaan op die publiek se vrae en bekommernisse reageer.
Media wat by hierdie funksie betrokke gaan wees is onder andere die Herald, Beeld, South African Medical Journal (SAMJ) en Media24. Onkoloë regoor Suid-Afrika word ook na hierdie konferensie uitgenooi asook sekere lede van die publiek en belangrike mediese personeellede en belanghebbendes. Omdat hierdie konferensie gesien word as ? groot nuuswaardige gebeurtenis is dit belangrik om nie net medici bekend te stel daaraan nie, maar ook die publiek.
Hoe:
Die twee sprekers wat aangestel is om in die konferensie met die media, publiek, personeellede en belanghebbendes te praat gaan meer inligting verskaf oor die nuwe tegnologiese ontwikkeling wat gemaak is om kankerselle vinniger en effektiewer op te spoor. Mooimed gaan die media betrek deur om inligting deur te stuur en media pakkies oor die konferensie aan te bied vir verdere inligting en sekerheid rakende die konferensie en wat hierdie nuwe tegnologie gaan behels asook om dit op ? duidelike wyse aan die publiek te verduidelik wat nie ? mediese agtergrond het nie.
Tydlyn:
Sprekers: Tydlyn:
Mev. SC van Reenen
– Bestuurder 11:00
Verwelkoming en inleiding
Mev. SC van Reenen
– Bestuurder 11:10
Voorstelling van hoofspreker- Dr. H Lemmer (Hoof van Onkologie)
Dr. H Lemmer
– Hoof van onkologie 11:15
Inligtingsessie
Dr. H Lemmer
– Hoof van onkologie 11: 50
Vrae sessie en beantwoording van vrae
Mev. SC van Reenen
– Bestuurder 12:20
Afsluiting en verversings
Stap 8:
Media waarskuwing
Die media alert van hierdie konferensie sal via ? e-pos aan alle mense wat die konferensie gaan bywoon gestuur word asook aan alle belanghebbendes en bevat ? kort en kragtige verduideliking waaroor hierdie konferensie en byeenkoms gaan handel.
To: [email protected]
CC: [email protected]; [email protected]
Subject: NUWE KANKER TEGNOLOGIE BEVORDER SUID-AFRIKA
The Roots Lifestyle Center, Potchefstroom, bied die vrystelling van die Privaat Hospitaal Mooimed Potchefstroom se nuwe kanker tegnologie wat Suid-Afrika gaan bevorder aan.
Hierdie konferensie word gelei Dr. H. Lemmer, hoof van onkologie, sowel as Mevrou SC van Reenen, die bestuurder van Mooimed en meer inligting gaan deur gegee word oor hierdie nuwe apparaat wat die mediese wêreld gaan bevorder, die voor-en-nadele daarvan en geleenthede rondom hierdie gebeurtenis.
Dankie
Mooimed Bestuur
Stap 9:
Media Kit
Transmedia News Package:
Nuwe tegnologie verslaan kanker in Suid-Afrika
In Amerika is ? nuwe tegnologiese apparaat ontwikkel wat kankerselle in die vroegste stadiums al kan identifiseer. Hierdie is ? nuwe ontwikkeling en is tans nog net in Amerika beskikbaar, met die hoop dat dit binnekort in Suid-Afrika sy merk gaan los. Die Suid-Afrikaanse Privaat Hospitaal Mooimed het egter die apparaat aangekoop en gaan dit binnekort begin implementeer in die behandeling en identifisering van kankerpasiënte. Hierdie nuwe tegnologiese apparaat is ? eerste van sy soort in die wêreld asook in Suid-Afrikaanse geskiedenis wat die kollig definitief meer op Suid-Afrikaanse medici gaan plaas..
Die konferensie wat gaan plaasvind om verdere en meer gedetailleerde inligting te verskaf oor die nuwe tegnologie en die apparaat wat gebruik gaan word aan die media, personeellede van die hospitaal, publiek asook mense wat belang hierby gaan vind gaan gelei word deur Dr. H. Lemmer, die hoof van onkologie asook sy medespreker Mevrou SC van Reenen, bestuurder van Mooimed. Die konferensie sal plaasvind op die 30 Augustus 2018 om 11:00 by The Roots Lifestyle Centre, Potchefstroom, Noordwes.
Apparaat – Nuwe Tegnologie
• Nuwe tegnologie is ontwikkel in Amerika
• Vergemaklik die identifisering en diagnose van kankerselle in pasiënte
• Eerste keer wat die apparaat in Suid-Afrika gebruik gaan word, wat ? geskiedkundige gebeurtenis gaan wees.
• Apparaat gaan in Augustus bekend gestel word in Suid-Afrika
• Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA\CANSA)
www.cansa.org.za
MooiMed Privaat Hospitaal Potchefstroom
• Die Private Hospitaal in Potchefstroom wat die nuwe tegnologie aangekoop het van Amerika wat kankerselle vroegtydig identifiseer.
• Verskaf uitstekende mediese dienste aan die Noordwes area asook omliggende gebiede
• Verbreed op ? daaglikse basis hulle hulpbronne in ? wetenskaplike, koste-effektiewe en mees toepaslike wyse
• Beskik oor baie goeie en vaardige chirurgie en dokters
• Die hospitaal is onlangs opgegradeer tot een van die top mediese instansies in die land met die nuutste mediese toestelle
• Die hospitaal is in privaat besit en is nie deel van ? ketting organisasie nie.
• MooiMed Private Hospitaal, Potchefstroom
www.mooimede.com
The Roots Lifestyle Centre, Potchefstroom
• The Roots Lifestyle Centre bied eksklusiewe dienste aan vir alle funksies wat hier gehou word, alles ingesluit.
• Dit bied ook verskeie venues aan waar menigte funksies gehou kan word, soos byvoorbeeld partytjies, seminare, konferensies, vergadering asook ander byeenkomste.
• Troues word ook hier gehou, gesamentlik met een van die mooiste Kapelle en kamers beskikbaar.
• The Roots Lifestyle Centre bied ook dekor, ? volle klanksisteem, multimedia fasiliteite en tegnici, asook heerlike spyseniering met die chef\kok byderhand aan.
• Hierdie venue streef om die regte en perfekte atmosfeer te kry vir ontspanning, interaksie tussen die gaste asook ? genotvolle tydjie gedurende die verblyf van die funksie.
• Werknemers en werkgewers by The Roots Lifestyle Centre is op ? daaglikse basis besig om na nuwe, kreatiewe en unieke idees te soek om hulle dienste te verbeter en te verskerp wat nuwe uitdagings en geleenthede vir elke individue bied.
www.theroots.co.za
Begroting vir konferensie
• Akkommodasie R1 000
The Roots Lifestyle centre R1 000
• Spyseniering R4 414,75
Vinger happies (The Roots Lifestyle centre) R3 754.75
Water botteltjies R 500
Koffie en tee (The Roots Lifestyle centre) R160
• Drukwerk R 1080
Besigheid kaartjies R 200
Pamflette R 800
News releases en fact sheets R 80
• Media kit R500
Houers R 480
Suigstokkies R 20
Totale koste R6 994,75
Die begroting is uit gewerk vir +- 40 mense
Deel B: Media Kit
News Release: (Susan Fouche)
SC. Van Reenen
Bestuurder
(018) 356 8765
[email protected]
Nuwe tegnologie verslaan kanker in Suid-Afrika
1 Chief Albert Luthuli Drive
Potchefstroom 2531
May 18, 2018
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
Die Privaat Hospitaal MooiMed in Potchefstroom het die nuutste tegnologie vir die onkologie afdeling ingevoer, die apparaat is ook ? eerste vir Suid-Afrika en die gebruik daarvan. Hierdie apparaat\toestel is deur Amerikaanse wetenskaplikes ontwikkel wat die diagnose en identifisering van kanker vir ewig gaan verander en beïnvloed. Daar sal op die 30 Augustus 2018 om 11:00 ? media konferensie in Potchefstroom by Laerskool Mooirivier se skoolsaal gehou word om meer inligting rakende die nuwe deurbraak en die apparaat te verskaf asook ? kortlikse beplanning van hoe en wanneer dit implementeer gaan word.
Die apparaat is ? baie groot deurbraak in die mediese wêreld en sal die genesing van kanker met drastiese getalle verbeter. Die konferensie sal deur Ph.D. Dr. H. Lemmer die hoof van onkologie gelei word asook ander mediese praktisyns van die hospitaal. Alle inligting rondom die nuwe tegnologie in Suid-Afrika sal tydens die konferensie deur gegee word. “Die apparaat gaan die lewens van baie pasiënte verander” het dokter H Lemmer gesê.
####
News Release: (Milandi de Beer)
Mev. SC van Reenen
Bestuurder- Mooimed
018 293 0802
[email protected]
Mooimed Private Hospitaal
1 Chief Albert Luthuli Drive
Potchefstroom
2531
Vir onmiddellike vrystelling
18 Mei 2018
NUWE KANKER TEGNOLOGIE GEVIND- INGEVOER NA SUID-AFRIKA
Op 30 Augustus 2018 het Mooimed private hospitaal ? konferensie gereël vir die mediese veld van Suid-Afrika, wat deur Dr. H Lemmer hoof van ontologie asook die bestuurder Mev. SC van Reenen wat die konferensie verteenwoordig, teen alle tye. Die konferensie beoog om die mediese wêreld bewus te maak van die nuwe tegnologie wat bevind is in Amerika. Die tegnologie kan kanker in die menslike liggaam opspoor sonder om te opereer aan die individue. Die konferensie sal plaasvind in Potchefstroom by “The Roots lifestyle centre”.
Die tegnologie beoog om die hele mediese veld te bevorder in tegnologie wat dit vir die dokters asook die pasiënte sal vergemaklik en wat bekostigbaar sal wees. Tydens die konferensie was daar bespreek wat die apparaat behels en hoe om die tegnologie te gebruik, wat die mediese wêreld sal vergemaklik.
####
News Release: (Zu-Anca Engelbrecht)
SC. Van Reenen
Bestuurder
(018) 356 8765
[email protected]
Nuwe kanker tegnologie bevorder Suid-Afrika
1 Chief Albert Luthuli Drive
Potchefstroom 2531
18 Mei 2018
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
Die Privaat Hospitaal MooiMed in Potchefstroom beskik oor die nuutste kanker tegnologie wat Suid-Afrikaanse medici gaan bevoordeel. Hierdie apparaat is vir die onkologie afdeling ingevoer en is ook die eerste daarvan in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Amerikaanse wetenskaplikes het hierdie apparaat ontwikkel wat die diagnose en identifisering van kankerselle gaan verander en beïnvloed. Op die 30 Augustus 2018 om 11:00 sal daar ? media konferensie by The Roots Lifestyle Centre, Potchefstroom, gehou word om meer inligting rakende hierdie vrystelling van die apparaat aan die publiek te verskaf, asook wanneer dit inwerking gestel gaan word.
Hierdie apparaat is ? groot deurbraak vir medici asook vir onkoloë regoor die wêreld en kan die genesing van kanker en kankerpasiënte baie verbeter en bevoordeel. Die konferensie sal verteenwoordig en gelei word deur Dr. H. Lemmer, hoof van onkologie, sowel as Mevrou SC van Reenen, die bestuurder van Mooimed. Tydens die konferensie gaan meer inligting verskaf word oor hierdie nuwe tegnologie wat vrygestel word, die voor-en-nadele en geleenthede rondom hierdie nuwe apparaat en gebeurtenis.
####
Fact sheet: (Susan Fouche)
Mooimed Privaat Hospitaal
NUWE KANKER APPARAAT WORD BEKEND GESTEL IN SUID-AFRIKA –
18 Mei 2018
Wie:
• Dr. H Lemmer die hoof van onkologie by Mooimed
• Mevrou SC van Reenen die Bestuurder van Mooimed.
Wat:
• Konferensie word gehou oor die apparaat wat Mooimed in Suid-Afrika gaan bekendstel
• Meer inligting gaan gegee word rakende die bekendstelling van die nuwe apparaat in die land
Waar:
• Konferensie saal by The Roots Lifestyle centre in Potchefstroom
Wanneer:
• 11vm. Die 30ste Augustus 2018
Hoekom:
• Om die media en ander dokter meer inligting rakende die apparaat te gee
• Om die publiek bewus te maak van die verwikkelinge en die mediese bevordering van Mooimed in Potchefstroom
Fact Sheet: (Zu-Anca Engelbrecht)
NUWE KANKER TEGNOLOGIE BEVORDER SUID-AFRIKA
Mei. 18, 2018
Wie:
• Dr. H Lemmer, hoof van onkologie by Mooimed sowel as Mevrou SC van Reenen, die bestuurder van Mooimed dien as sprekers by hierdie konferensie.
• Media hierby betrokke soos die Herald, Beeld, South African Medical Journal(SAMJ), Media24, en Rapport.
• Onkoloë regoor Suid-Afrika woon ook hierdie konferensie by.
Wat:
• Nuwe kanker tegnologie wat ingevoer word na Suid-Afrika
• Nuuswaardige gebeurtenis wat Suid-Afrika bevorder, asook ? groot mediese deurbraak wat voorgestel gaan word deur Mooimed.
Waar:
• Die konferensie sal by The Roots Lifestyle Centre, Potchefstroom, plaasvind.
Wanneer:
• 30 Augustus 2018, 11:00
Hoekom:
• Kankerpasiënte gaan voordeel trek uit hierdie nuwe bevindinge.
• Vergemaklik die lewe vir beide pasiënte sowel as die dokters wat hulle behandel.
• Die sprekers verteenwoordig in hierdie konferensie gaan meer inligting verskaf oor die tegnologie wat vrygestel word, die voor-en-nadele en geleenthede rondom hierdie nuwe apparaat.
• Die media gaan betrek word om inligting aan die publiek deur te gee, vir ? wye verskeidenheid publiek te stuur, sowel as mediapakkies oor die konferensie en apparaat aan te bied en voor te stel wat meer inligting rakende die gebeurtenis te voorsien.
Voordele:
• Nuwe geleenthede vir indiensneming, werksverskaffing en bevordering.
• Verhoog kankerpasiënte se kans op ? langer lewe en ? beter kans vir ? verlengde lewenstydperk.
• Bevorder Suid-Afrikaanse medici.
Fact sheet: (Milandi de Beer)
NUWE KANKER TEGNOLOGIE GEVIND- INGEVOER NA SUID-AFRIKA
Mei.18, 2018
Wat:
Nuuswaardige nuwe Tegnologiese deurbraak wat voorgestel gaan word in Suid-Afrika by Mooimed
Waar:
Konferensie sal by The Roots Lifestyle centre se konferensie saal plaasvind.
Wanneer:
30 Augustus 2018, omstreeks 11 vm.
Wie:
Dr. H Lemmer die hoof van onkologie by Mooimed dien as spreker sowel as Mevrou SC van Reenen die Bestuurder van Mooimed.
Media soos die Herald, Beeld, South African Medical Journal(SAMJ) en Media24. Asook onkoloë regoor Suid-Afrika.
Hoe:
In die konferensie gaan daar sprekers wees wat oor die tegnologie meer inligting gaan verskaf. Gaan media betrek deur om inligting deur te stuur en media pakkies oor die konferensie te bied, wat meer inligting rakende konferensie sal gee.